Plasings

Hoe werk 'n Put Opsie?

Prent
In die volgende video bespreek ek hoe Put Opsies werk e hoe jy dit kan gebruik vir spekulasie.

Hoe belangrik is die premie.

Prent
Die vraag wat ek baie myself afvra is: Nou hoe belangrik is dit om die beste premie te kry? Die antwoord wat altyd in my kop opkom is: Dit is belangrik om die beste premie met tyd van verkoop te kry. Hoekom sê jy so, vra jy? Wel ek is bly jy vra! ;-) Histories is premies op die laagste in strooptyd. Daar is baie graan en die meulens en perse is vol met plaaslaaie. So die vraag na graan is dan op sy laagste. Soos die vraag na graan toeneem deur die jaar, verhoog die premie. Dit is hoe die kopers kompeteer vir voorraad. So in 'n jaar waar voorraad skaars is, is dit wonderlik. Hoë premies! Die jare waar ons normale of oorskot graan het is die premie ook kleiner. Die rede hoekom hy dan styg deur die jaar is omdat jy 1) die stoor vir die koper tot nou toe gedra het. Hy hoef nie stoor te betaal nie en 2) omdat dit moeiliker word vir die koper om graan te kry waar hy dit wil hê. Hulle vervoer koste word meer. Alhoewel die beste premie belangrik is, moet dit nie jou besluitne...

Wat se metodes is beskikbaar om my voorseisoen prys vas te maak.

Prent
Wat se metodes is beskikbaar om my voorseisoen prys vas te maak? Daar is 'n paar metodes beskikbaar om jou voorseisoen prys vas te maak. Elkeen het sy eie voordele, nadele en risiko's. Hieronder is die wat ons die meeste gebruik. Ek gaan nie in die blog bespreek wanneer jy elkeen van hierdie metodes moet implementeer nie, want daar is nie 'n "One size fits all" oplossing nie. Ons inkorporeer hierdie metodes in ons bemarkingsplan om vir jou risiko profiel die optimale bemarkingsplan op die tafel te sit. Kontak ons gerus vir jou gratis bemarkingsplan of as jy enige vrae het. Lekker boer. Neil Kemp 082 926 4413

Dit is Julie ek glo die prys gaan nog op, wat nou?

Prent
Dit is Julie en voel die prys gaan nog klim, wat nou? Dit is Julie. Ons het 60% van jou oes reeds vasgemaak met die bemarkingsplan wat ons saam uitgewerk het. Jy voel die prys gaan nog op gaan, maar wat moet ek doen om in die prysstyging te deel? Jy moet begin deur jouself die volgende vra te vra. 1) As jy nou verkoop, het jy jou bemarking doelwit behaal soos ons beplan het? 2)  Hoe lyk jou kontantvloei, moet jy nou geld kry of kan jy wag? 3) Op w atter persentasie van jou graan wil jy 'n hoër prys behaal? 4) Hoe groot is die spread tussen Julie en Maart? Antwoorde: 1) As jy nou verkoop, het jy jou bemarking doelwit behaal soos ons beplan het? Indien jy jou bemarking mikpunt bereik het en jy het jou beplande wins behaal sal ek nie voorstel om addisionele risiko by te bring nie. Verkoop jou graan en werk aan die volgende jaar se bemarkings plan.  2)  Hoe lyk jou kontantvloei, moet ek nou geld kry of kan jy wag? Indien jy kon...

Deel 1: Hoe lyk 'n Safex skerm?

Prent
Deel 1: Tegniese analise.  Hoe lyk 'n Safex skerm?  Hier die is deel 1 van tegniese analise. Dit is net n kort video oor hoe n Safex skerm lyk. In deel 2 gaan ons bietjie meer in diepte begin kyk na die tipes grafieke wat mens kry. As jy enige vra het of jy wil net gesels kontak ons gerus. Lekker boer. Neil Kemp 082 926 4413

Is jou bemarkings mikpunt: Prys of Profyt.

Prent
Wat is jou bemarking mikpunt: Prys of Profyt? By PWG Graanhandel kan ons jou help met 'n Profyt gedrewe bemarkingsplan wat nog steeds voordeel put uit mark hoogtepunte sonder stres. Lees meer: 'n Mens is baie lief om die Safex prys dop te hou en te probeer om daardie heel hoogte prys te behaal. Dit voel goed en ons weet ons het die mark gewen. Maar die vraag is hoe bepaal jy of dit die hoogte prys is? Ek is baie lief vir tegniese analise soos julle weet,  en jy kan baie akkuraat wees daarmee, maar nooit 100% akkuraat nie. Die probleem is dat tegniese analise meer 'n kuns is as 'n wetenskap. So kom ons sê jy is 70% van die tyd in die kol, dit vat net twee keer na mekaar wat jy verkeerd is om jou in 'n finansiële krisis te dompel. Maar dit is nie ons grootste probleem hiermee nie: Dit skep spanning! Jy is die hele tyd besig om met jou emosies te stoei en soveel moontlik inligting en opinies te versamel om net die prys reg te voorspel. Ons sê n...

Hoekom PWG Graanhandel?

Jy mag vra hoekom PWG Graanhandel?   Eerstens wil ons vir elke persoon sê wat daardie vraag vra, kom probeer ons, dan wys ons jou!  Maar vir die paar wat ons moet oorreed hier gaan ons. Ons het 'n oop en eerlike verhouding met elke produsent en elke koper. Ons streef om elke produsent by die regte koper uit te bring. 'n Koper wat betroubaar en onverskrokke is en wat 'n markverwante prys bied. Een van ons groot voordele is dat ons baie goeie verhoudings het met al die kopers in die land en buiteland en dat ons vir elke produsent die beste transaksie kan beding. Ons maak dit maklik vir 'n produsent, met net een oproep na ons toe kan ons vir hom die beste prys gee wat op daardie stadium in die mark beskikbaar is en dan nog ook sy hande lig maak deur al die admin daar rondom te hanteer. Ons werk ook saam met jou om 'n stres vrye bemarkingsplan op te stel wat vir jou die optimale winsgewendheid gaan gee en dan bestuur ons vir jou die plan elke stap van...