Dit is Julie ek glo die prys gaan nog op, wat nou?

Dit is Julie en voel die prys gaan nog klim, wat nou?

Dit is Julie. Ons het 60% van jou oes reeds vasgemaak met die bemarkingsplan wat ons saam uitgewerk het.
Jy voel die prys gaan nog op gaan, maar wat moet ek doen om in die prysstyging te deel?

Jy moet begin deur jouself die volgende vra te vra.

1) As jy nou verkoop, het jy jou bemarking doelwit behaal soos ons beplan het?
2) Hoe lyk jou kontantvloei, moet jy nou geld kry of kan jy wag?
3) Op watter persentasie van jou graan wil jy 'n hoër prys behaal?
4) Hoe groot is die spread tussen Julie en Maart?

Antwoorde:

1) As jy nou verkoop, het jy jou bemarking doelwit behaal soos ons beplan het?

Indien jy jou bemarking mikpunt bereik het en jy het jou beplande wins behaal sal ek nie voorstel om addisionele risiko by te bring nie. Verkoop jou graan en werk aan die volgende jaar se bemarkings plan. 

2) Hoe lyk jou kontantvloei, moet ek nou geld kry of kan jy wag?

Indien jy kontantvloei benodig, beperk dit jou opsies. 
   a) Jy kan 'n 70/30 doen.
   b) Jy kan jou graan verkoop en papier mielies terugkoop in die vorm van 'n Call of 'n  future.

Die nadeel wat die twee opsies inhou: 
   I)   Jy word benadeel deur 'n groot spread. (As die spread klein is, is dit n voordeel)
   II)  Die Call het 'n moontlike hoë koste.
   III) Moontlike hoë marges wat jy sal moet dra as die prys teen jou draai.

Die risiko van die opsie I en II is dieselfde, Spread en Marge. Die Call se risiko is beperk tot tot wat jy vir hom betaal het. Maar die prys moet aansienlik beweeg om voordeel hieruit te put.

 3) Op watter persentasie van jou graan wil jy 'n hoër prys behaal?

Hierdie is waar jy moet besluit hoeveel risiko jy bereid is of kan vat. Ek sal altyd voorstel om net die graan wat jy op 'n nie winsgewende plek vas gemaak het te waag op n beter prys realiseer.
Weereens as jou gemiddeld bo jou wins vlak is, moet nie vir jou nuwe risiko opneem nie.

4) Hoe groot is die spread tussen Julie en Maart?

Hierdie is waar jy kan geld maak as jy nie kontantvloei nodig het nie.

a) As die spread groot is gee die mark vir jou, jou dra koste en jy hou jou graan in die silo. (Jou eie silo is nog beter want dan is jou voordeel soveel meer.)
b) Indien sie spread klein is dan kom die uitgestelde prysingings, 70/30 en terugkoop van papier mielies deur middel van Call's of futures in. Hoekom? Want jy koop jou mielies goedkoop terug en as die spread invers is, vir 'n wins.



As jy enige vra het of jy wil net gesels kontak my gerus.

Lekker boer.

Neil Kemp
082 926 4413

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Hoe belangrik is die premie.