Is jou bemarkings mikpunt: Prys of Profyt.

Wat is jou bemarking mikpunt: Prys of Profyt?

By PWG Graanhandel kan ons jou help met 'n Profyt gedrewe bemarkingsplan wat nog steeds voordeel put uit mark hoogtepunte sonder stres.


Lees meer:

'n Mens is baie lief om die Safex prys dop te hou en te probeer om daardie heel hoogte prys te behaal.
Dit voel goed en ons weet ons het die mark gewen.

Maar die vraag is hoe bepaal jy of dit die hoogte prys is?

Ek is baie lief vir tegniese analise soos julle weet,  en jy kan baie akkuraat wees daarmee, maar nooit 100% akkuraat nie. Die probleem is dat tegniese analise meer 'n kuns is as 'n wetenskap.
So kom ons sê jy is 70% van die tyd in die kol, dit vat net twee keer na mekaar wat jy verkeerd is om jou in 'n finansiële krisis te dompel.

Maar dit is nie ons grootste probleem hiermee nie: Dit skep spanning!

Jy is die hele tyd besig om met jou emosies te stoei en soveel moontlik inligting en opinies te versamel om net die prys reg te voorspel. Ons sê nie dit is verkeerd nie, maar dit is 'n voltydse werk.


Wat ons voorstel is om met nuwe oë na Safex te kyk. Dit is nie 'n platvorm waar daar gejaag word na prys nie, maar na die maksimum en konstante profyt sonder spanning. Dit is mos wat jy nodig het om jou boerdery te groei.

Met profyt as jou hoofdoel is jou mikpunte soveel meer duidelik en bereikbaar met amper geen stres nie. Met 'n duidelike uiteengesette bemarking plan wat stap vir stap vir jou sê hoe, hoeveel en wanneer om te verkoop.

Hier by PWG Graanhandel sit ons saam met jou en skep vir jou 'n bemarkingsplan wat gerig is op jou profyt doelwitte. Ons haal die die stres uit jou besluite uit, terwyl ons nog steeds binne ons bemarking raamwerk die spasie los om die hoogste pryse te bereik.


Ons stel jou ook dan in kennis as 'n bemarking doelwit bereik is en daar aksie geneem moet word. So elimineer ons die bemarking stres vir jou en jy kan konsentreer op jou boerdery.

Kontak ons gerus vir 'n bemarkingsplan

Geseënde dag vir julle.

Neil Kemp
082 926 4413



"Grain marketing is like a game of soccerYou need goalsIf there are no goals in your marketing, you can't win."


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Hoe belangrik is die premie.