Plasings

Wys tans plasings vanaf November, 2019

Dit is Julie ek glo die prys gaan nog op, wat nou?

Prent
Dit is Julie en voel die prys gaan nog klim, wat nou? Dit is Julie. Ons het 60% van jou oes reeds vasgemaak met die bemarkingsplan wat ons saam uitgewerk het. Jy voel die prys gaan nog op gaan, maar wat moet ek doen om in die prysstyging te deel? Jy moet begin deur jouself die volgende vra te vra. 1) As jy nou verkoop, het jy jou bemarking doelwit behaal soos ons beplan het? 2)  Hoe lyk jou kontantvloei, moet jy nou geld kry of kan jy wag? 3) Op w atter persentasie van jou graan wil jy 'n hoër prys behaal? 4) Hoe groot is die spread tussen Julie en Maart? Antwoorde: 1) As jy nou verkoop, het jy jou bemarking doelwit behaal soos ons beplan het? Indien jy jou bemarking mikpunt bereik het en jy het jou beplande wins behaal sal ek nie voorstel om addisionele risiko by te bring nie. Verkoop jou graan en werk aan die volgende jaar se bemarkings plan.  2)  Hoe lyk jou kontantvloei, moet ek nou geld kry of kan jy wag? Indien jy kontantvloei benodig, b

Deel 1: Hoe lyk 'n Safex skerm?

Prent
Deel 1: Tegniese analise.  Hoe lyk 'n Safex skerm?  Hier die is deel 1 van tegniese analise. Dit is net n kort video oor hoe n Safex skerm lyk. In deel 2 gaan ons bietjie meer in diepte begin kyk na die tipes grafieke wat mens kry. As jy enige vra het of jy wil net gesels kontak ons gerus. Lekker boer. Neil Kemp 082 926 4413

Is jou bemarkings mikpunt: Prys of Profyt.

Prent
Wat is jou bemarking mikpunt: Prys of Profyt? By PWG Graanhandel kan ons jou help met 'n Profyt gedrewe bemarkingsplan wat nog steeds voordeel put uit mark hoogtepunte sonder stres. Lees meer: 'n Mens is baie lief om die Safex prys dop te hou en te probeer om daardie heel hoogte prys te behaal. Dit voel goed en ons weet ons het die mark gewen. Maar die vraag is hoe bepaal jy of dit die hoogte prys is? Ek is baie lief vir tegniese analise soos julle weet,  en jy kan baie akkuraat wees daarmee, maar nooit 100% akkuraat nie. Die probleem is dat tegniese analise meer 'n kuns is as 'n wetenskap. So kom ons sê jy is 70% van die tyd in die kol, dit vat net twee keer na mekaar wat jy verkeerd is om jou in 'n finansiële krisis te dompel. Maar dit is nie ons grootste probleem hiermee nie: Dit skep spanning! Jy is die hele tyd besig om met jou emosies te stoei en soveel moontlik inligting en opinies te versamel om net die prys reg te voorspel. Ons sê n

Hoekom PWG Graanhandel?

Jy mag vra hoekom PWG Graanhandel?   Eerstens wil ons vir elke persoon sê wat daardie vraag vra, kom probeer ons, dan wys ons jou!  Maar vir die paar wat ons moet oorreed hier gaan ons. Ons het 'n oop en eerlike verhouding met elke produsent en elke koper. Ons streef om elke produsent by die regte koper uit te bring. 'n Koper wat betroubaar en onverskrokke is en wat 'n markverwante prys bied. Een van ons groot voordele is dat ons baie goeie verhoudings het met al die kopers in die land en buiteland en dat ons vir elke produsent die beste transaksie kan beding. Ons maak dit maklik vir 'n produsent, met net een oproep na ons toe kan ons vir hom die beste prys gee wat op daardie stadium in die mark beskikbaar is en dan nog ook sy hande lig maak deur al die admin daar rondom te hanteer. Ons werk ook saam met jou om 'n stres vrye bemarkingsplan op te stel wat vir jou die optimale winsgewendheid gaan gee en dan bestuur ons vir jou die plan elke stap van

Bekendstelling.

Welkom by Graanbemarking deur PWG Graanhandel. Die rede vir die blog is nie julle tyd te mors nie. Ons gaan in die eerste deel van elke artikel dit duidelik stel waaroor die artikel gaan en jy kan self besluit of dit op jou van toepassing is. Ons gaan probeer om alles kort en tot die punt te hou, maar nog steeds so veel moontlik waarde in elke artikel te sit. Hierdie blog is daar om jou saam met ons te laat redeneer, 'n paar dinge weer op te skerp en hopenlik vir jou tot groot waarde te wees. Hierdie blog gaan die volgende bevat.    1) Tegniese analise van graan en ander markte wat graan beïnvloed in Suid Afrika.    2) Bemarkings inligting wat op jou van toepassing is.    3) 'n Tegniese analise en "trading" skool waar ons die basiese en meer gevorderde      konsepte deurdraf.    4) En inligting wat tot jou boerdery gaan bydra met betrekking tot bemarking. As ons jou kan help met jou bemarking behoeftes of verkope van graan of jy het enige vra oor 'n