Hoekom PWG Graanhandel?
Jy mag vra hoekom PWG Graanhandel?
Eerstens wil ons vir elke persoon sê wat daardie vraag vra, kom probeer ons, dan wys ons jou!
Maar vir die paar wat ons moet oorreed hier gaan ons.
Ons het 'n oop en eerlike verhouding met elke produsent en elke koper. Ons streef om elke produsent by die regte koper uit te bring. 'n Koper wat betroubaar en onverskrokke is en wat 'n markverwante prys bied.
Een van ons groot voordele is dat ons baie goeie verhoudings het met al die kopers in die land en buiteland en dat ons vir elke produsent die beste transaksie kan beding.
Ons maak dit maklik vir 'n produsent, met net een oproep na ons toe kan ons vir hom die beste prys gee wat op daardie stadium in die mark beskikbaar is en dan nog ook sy hande lig maak deur al die admin daar rondom te hanteer.
Ons werk ook saam met jou om 'n stres vrye bemarkingsplan op te stel wat vir jou die optimale winsgewendheid gaan gee en dan bestuur ons vir jou die plan elke stap van die pad.
Ons is altyd beskikbaar en is nooit meer as 'n oproep of 'n koffie weg nie.
Daar is nie 'n transaksie te groot of te klein vir ons nie en elke kliënt is vir ons 'n Platinum kliënt.
Maar die belangrikste is diens, diens, diens!
Kom stel ons op die proef, of andersins kom drink 'n lekker koppie koffie dat ons jou kan om praat!
Lekker werk.
Neil Kemp
Sel: 082 926 4413
Tel: 017 712 2992
Neil Kemp
Sel: 082 926 4413
Tel: 017 712 2992
Epos: neil @pwggraan.co.za
PS: As jy bietjie wil "brag" met jou koffie, laat weet my dan kom kuier ek vir jou!
Opmerkings
Plaas 'n opmerking